Скачать книгу - Hart van die son


Na uiters traumatiese gebeure in Nadia Pretorius se lewe wat haar in die hof laat beland het, word sy vrygespreek danksy Dewald Duvenage se knap regsvaardighede. Hy kry ook vir haar werk by sy pa se prokureursfirma, waar die streng oubaas Duvenage haar persoonlik onder sy vlerk neem. Toe hy na vyf maande van mening is dat sy te vasgevang in die verlede bly, dwing hy haar so te se om met vakansie te gaan. Sy besluit uiteindelik om tog te vertrek – vir ’n herbesoek aan haar grootwordplek, daar waar alles begin het, waar sy Dimitri ontmoet het…