Скачать книгу - Seisoen van ons liefde


Toe vryskutjoernalis Tanya van Heerden na die Richtersveld op ? werksprojek gestuur word, het sy nooit kon droom hoe ingrypend haar hele lewe sou verander nie. In die Richtersveld verloor sy haar hart aan ‘n blonde, bruingebrande “veewagter”, en terug in die stad kom sy tot haar ontsteltenis agter dat sy swanger is. Stadig maar seker bou sy vir haarself ? nuwe lewe, bere sy haar Richtersveld-man diep in haar hart. Maar dan verskyn die aantreklike ekoloog professor Jean-Pierre de Ville een aand op die toneel en keer haar nuutgevonde lewe vierkantig op sy kop. Want Pierre is allesbehalwe veewagter, maar die einste een aan wie sy haar hart verloor het! Nou is hy egter verloof aan die beeldskone Alexa en Tanya moet fyn trap om haar geheim – en haar hart – te bewaar.