Скачать книгу - Die kind uit die wingerd



Een Sondagmiddag in die herfs van 1918 kom ’n driejarige uit Vredenhoek se wingerd die Erasmus-familie se binnekring ingestap. Niemand herken hom nie. Die kind kan self nie se waar hy vandaan kom nie. En die wat weet, wil nie praat nie. So bly dit vir twintig jaar lank. Altyddeur smag Laurens Erasmus om te weet wie hy werklik is. Want hoe kan mens iemand wees as jy nie weet waar jy vandaan kom nie? Nie eers die buurdogter Carijn den Hagen, wat daardie eerste dag in die wingerd haar hand na hom uitgesteek het, kan hom help nie. Met die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog verander alles. Dit gooi lewens omver. Vir sommige beteken dit die einde. Vir ander maak dit deure oop.


Die koning se wingerd Die koning se wingerd

Автор: F. A. Venter

Год издания: 

Agab staan verskeurd. Moet hy getrou bly aan die ou Israelitiese waardes, of kan hy sy heidense vrou, die skone en geslepe prinses Isebel, volg die afvallige tydsgees in? Teenoor die lis van Isebel staan die skraal, profetiese figuur van Elia. Elia wat die droogte oor Israel voorspel, die profete van Baal in 'n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek. Hierdie boek vertel ook die verhaal van Nabot, godvresend, maar nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Nabot se seun Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg. Dan is daar Johanan en God se plan om Israel te verlos van Agab se slegte regering… Die geliefde skrywer F.A. Venter herskep die wereld van Agab, Nabot en Johanan, die vroue in hul lewens, en die politieke strome wat hul omring het, met die gesag van iemand wat diep nagevors en gedink het. Hy laat die aangrypende stuk Bybelse geskiedenis opnuut leef in fyn besonderhede, en die Bybelse waarhede wat so deurskemer is verstommend relevant vir vandag.