Скачать книгу - Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey



Op ’n dag in die vroee sewentigs merk ’n afgelee Noord-Kaapse gemeenskap ’n gebou in hul midde waar voorheen net braak grond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . . Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een keer gelewe het, oor die jong man wat so skaam was dat hy nie op foto’s kon vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van ’n paartjie wie se lewenspaaie net vir ’n paar sekondes gekruis het.


Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe) Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)

Автор: Marita van der Vyver

Год издания: 

Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil he dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met ’n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers en ’n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel idee dat die hele gesin saam op “wittebrood” moet gaan – om mekaar beter te leer ken. Hierdie leerdervriendelike skooluitgawe van Marita van der Vyver se Sanlam-pryswenner bevat ’n leesgids met • inligting oor die skrywer • ’n inleiding tot die roman • literere begrippe • hoofstukopsommings en woordelyste • vrae en antwoorde • assesseringsriglyne