Скачать книгу - 'n Luiperd in my bed



"Met die middagson kom die lugspieelings wat aan die vallei sy naam gegee het: Deception Valley. Dan skuil alles wat asemhaal in die koelte van 'n matjarra, rug na die wind gedraai. In die lang geelwit gras le die leeus uitgestrek en slaap. Net die vlakvarke draf stertorent nader vir 'n modderbad…" Annelize Slabbert was 'n joernalis in Johannesburg en haar man, Gerard, 'n apteker. Doodgewone stedelinge. Toe word hulle moeg vir die lewe in die stad, die spitsverkeer en die gejaag, en verhuis sak en pak na Botswana. Hier, in die son en sand van die Sentraal-Kalahari, gaan hulle 'n luukse vierster-lodge bestuur. Min het hulle geweet wat wag. Tussen die luiperdwyfie in die slaapkamer, die dansende Russe en «wilde diere» in die swembad, sal hierdie boek jou laat le van die lag … en jou twee keer laat dink voor jy jou eie landelike idille aandurf.


Die Luiperds van Sh'ong Die Luiperds van Sh'ong

Автор: Paul Jaco

Год издания: 

Seevie red 'n luiperdwelpie wanneer hy slegs 'n dag oud is en Shuna word die nuutste lid van n gesin op 'n plaas in Kwa-Violentia. Die raaisels rondom sy familie se verlede laat Seevie vermoed hy is 'n aangenome kind. Hy en sy meisie, Tensy, fynkam die berg van Sh'ong op soek na die graf van sy suster, Ladine, om antwoorde op sy ware identiteit te vind.