![]() |
In die middel van die wereld, in die middel van ’n vlei, het ’n vrolike knapie by sy oupa gebly. Sy naam was Huppel, en sy een groot begeerte was om tog ’n maatjie te he. Sy oupa beduie toe mooi vir hom hoe hy moet maak om ’n maatjie te kry. En toe Huppelkind doen wat sy oupa se, kry hy meer maatjies as wat hy ooit van kon droom. Hy maak kennis met Fiefman en Diefman, met Vlak-Floors en Vlei-Floors, met Wielie en Walie, met Haak en Steek, met die Boekwurms en die Slaapkousies . . . en met die Wilde Wolman en sy stories oor die Land van Wol en Hare – wolhaarstories as daar ooit was! En dan, natuurlik, met die Stokou Storieman, vir wie mens presies op die regte manier moet vra as jy wil he dat hy vir jou ’n storie moet vertel. Ja, jy moet die WOORDE se: “Orie gedorie Storieman, vertel ’n storie AS JY KAN!” En ’n storie vertel, dit kon W.O. Kuhne! Daarom dat sy Huppelkind-stories vandag nog onder ’n klein groepie klassieke Afrikaanse werke vir kinders gereken word. Sedert die eerste Huppel-boek in 1958 verskyn het, was hulle gunstelinge. Hierdie versamelbundel met illustrasies deur die bekroonde Alida Bothma, sal sorg dat ook vandag se kinders die tydlose bekoring van Huppelkind en sy maats kan leer ken. |