|
In die bundel, wat in 1987 met die Ingrid Jonker-prys bekroon is, bied die digter mooi indrukke van lewe in die Noordweste; fyn beskrywende, gedetailleerde natuurgedigte staan naas verse wat heelwat se oor die mens se verhouding met sy omgewing. Die digter se besonder skerp waarnemingsvermoe is in elke vers aanwesig. |