Скачать книгу - Die grammatika van liefhe



J.C. Steyn se debuut-digbundel plaas die fokus op sowel persoonlike problematiek (die ek in sy verhouding tot homself en die liefde) as ’n fyn spel met die taal. Die klem is op die betekenismoontlikhede van woorde, onder meer in assosiasie met ander woorde. Die digter skram weg van sentiment, maar lewer tog ’n besonderse bydrae tot die Afrikaanse liefdespoesie.


Omdat jy my liefhet Omdat jy my liefhet

Автор: Elsa Winckler

Год издания: 

Dis Livie Mulder se beurt om vir ’n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton te gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling in die testament nie, maar Livie benodig die erfporsie om uiteindelik ’n belangrike droom te verwesenlik. Sy moet egter noodgedwonge op mense aangewese wees wanneer alles nie volgens plan verloop nie. Bart Coetzee red haar telkemale uit ’n penarie. Dis ongelukkig dieselfde man wat haar van die eerste oomblik af verkeerd opgevryf het. Die feit dat hy dodelik aantreklik is, maak haar rug net nog stywer. Bart het Greyton toe gekom om stil te lewe, en om te probeer ontsnap van die een gebeurtenis wat hom byna vernietig het. Daarom vermy hy nou enige verdere komplikasies – veral vroue – in sy lewe. Sal hy kan aanbeweeg, en die hartseer van vier jaar gelede begrawe? Boonop moet Livie ook besluit of sy kans sien vir ’n toekoms saam met Bart.