|
Kathleen en haar twee susters erf elkeen vyfmiljoen rand na hul geliefde tante Peet se afsterwe, mits hulle ’n vreemde bepaling nakom: Hulle moet elkeen eers ’n maand lank in ta’ Peet se huis op Greyton gaan bly. In hul gejaagde lewens het nie een van die drie werklik hiervoor tyd nie, maar Kathleen stem in om eerste te gaan, want sy moet in elk geval aan ’n sakeplan vir haar aanlyn-onderneming werk. Sy het egter nie daarmee rekening gehou dat iemand die kothuis agter ta’ Peet se huis sou huur nie. Beslis nie ’n aantreklike man met viooltjieblou oe nie. Sake-konsultant Steyn Erasmus se arm is in ’n hangverband en Kathleen ontferm haar oor hom. Maar wat tussen hulle broei, is veel meer as net goeie buurmanskap . . . Получить ссылку |
Omdat die hart onthou
Автор: Ettie Bierman
Год издания:
Krizelda en Alwyn is albei studente van Pretoria – hy afgestudeer met ’n BA Honneurs en sy ’n naiewe tweedejaartjie – wat mekaar tydens ’n vakansie op Margate ontmoet. Gou is hulle halsoorkop verlief en trouplanne volg vinnig. Krizelda moet egter eers haar studie voltooi en Alwyn is op pad Washington toe vir ’n jaar ondervinding in die Amerikaanse koerantwese.
Sy vlug word deur ’n tornado van koers gedwing en tydens ’n noodlanding in New York slaan die vliegtuig aan die brand. Alwyn is ernstig beseer en ly aan geheueverlies.
Krizelda vind uit sy is swanger en haar konserwatiewe pa jaag haar uit die huis. Sy kan Alwyn op geen manier opspoor nie en vind toevlug by haar tannie, maak haar kind alleen groot en ontwikkel ’n wrok teenoor Alwyn, wat haar immers skynbaar in die steek gelaat het. Maar na ses jaar, midde-in griewe en misverstande, is daar ’n herontmoeting toe hy haar baas word.
Krizelda is so verbitter teenoor mans en veral Alwyn, en hy het boonop ’n Britse nooi . . . Sal hul harte ooit onthou wat eens was, en die pad terug daarheen vind?
Omdat jy my liefhet
Автор: Elsa Winckler
Год издания:
Dis Livie Mulder se beurt om vir ’n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton te gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling in die testament nie, maar Livie benodig die erfporsie om uiteindelik ’n belangrike droom te verwesenlik. Sy moet egter noodgedwonge op mense aangewese wees wanneer alles nie volgens plan verloop nie. Bart Coetzee red haar telkemale uit ’n penarie. Dis ongelukkig dieselfde man wat haar van die eerste oomblik af verkeerd opgevryf het. Die feit dat hy dodelik aantreklik is, maak haar rug net nog stywer. Bart het Greyton toe gekom om stil te lewe, en om te probeer ontsnap van die een gebeurtenis wat hom byna vernietig het. Daarom vermy hy nou enige verdere komplikasies – veral vroue – in sy lewe. Sal hy kan aanbeweeg, en die hartseer van vier jaar gelede begrawe? Boonop moet Livie ook besluit of sy kans sien vir ’n toekoms saam met Bart.
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!