Скачать книгу - Droomman aan boord



Victoria Vermaak se ouers nooi haar saam op ’n luukse bootreis om te herstel na sy in ’n motorongeluk betrokke was. Haar lewenslustige vriendin Belle, wat saamreis, het egter nie net herstel in gedagte nie: Sy het die bootrit na die MVV – die manvangvaart – herdoop en is vasberade dat sy en Victoria voor die einde van die vakansie elk ’n nuwe manlike bewonderaar moet he. Op die boot loop Victoria vir Bartho Kruger raak, die sakeman wat sy die aand van die motorongeluk ontmoet het. Hy herstel ook op die vaart na ’n ski-ongeluk hom tydelik aan ’n rolstoel gekluister het. Hoewel die besonderhede van hul eerste ontmoeting vaag is, onthou Victoria dat hy vir haar presies gelyk het soos sy haar droomman voorstel. Is Bartho werklik als waaroor Victoria nog altyd droom? Is dit net sy afhanklikheid van die rolstoel wat hom so nukkerig maak? Wat van sy broer, Lukas, wie se blote aanraking haar vel byna aan die brand laat slaan . . .?


Donna en die droomman Donna en die droomman

Автор: Anita du Preez

Год издания: 

Donna Ferguson is ’n eenkantmens en ’n realis. Maar wanneer sy by ’n kunsuitstalling oogkontak maak met ’n wildvreemdeling wat ruwe manlikheid uitstraal, doen sy iets wat glad nie in haar aard is nie. Sy soen hom sowaar in die galery se tuin. Donna dink sy sal hom nooit weer sien nie, maar dan daag hy by haar voordeur op . . . saam met haar suster, Karen. Donna se droomman en Karen se nuwe liefde, veearts Pieter Visser, blyk een mens te wees. Dit lyk asof Donna weer iets kosbaars aan Karen moet afstaan omdat sy mos blonder en jonger is – maar veral omdat haar kleinsus siek is. Al is die aantrekkingskrag tussen Donna en Pieter hoe sterk, kan sy nie haar verliefde suster se swak hart waag nie.