Скачать книгу - Koors



Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – en mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na ’n plek om die samelewing weer te vestig. Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met ’n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op ’n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitere leier ontpop – kan hy ooit vertrou word? Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi … In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is ’n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.


Troukoors Troukoors

Автор: Helena Hugo

Год издания: 

Toe die beeldskone Minette Faber se professor, Paul, haar vra om met hom te trou, slaan hy haar voete onder haar uit. Ten spyte van waarskuwings van alle kante, gaan die troureelings voort. Die uitnodigings is gepos, die troukoek bestel . . . en dan daag Pierre Hagen, Paul se seun, uit Londen op. Tussen Minette en Pierre spat die vonke van die eerste oomblik toe hy haar met intens begerige oe aankyk en prontuit verklaar dat sy gans te jonk is om sy oorlede ma se plek in te neem. Is dit bloot fisieke aantrekkingskrag, of is Minette besig om trou aan die verkeerde man te sweer?


Skarlakenkoors Skarlakenkoors

Автор: Группа авторов

Год издания: 

Die woordeboek se die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van “sinlike” liefde, en oor die kuns “om lief te he”.Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wereld om ons: ’n Rodin-beeldhouwerk, ’n Picasso-skildery, ’n Dvorak-simfonie, ’n Zefferelli-rolprent, ’n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd. Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig … Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat die onderwerp ondersoek – dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Tafelberg se erotiese bundel, Bloots, het op die rak verskyn net mooi toe Fifty Shades of Grey die wereld stormenderhand verower het. Perfekte tydsberekening, ne. Nou vra Tafelberg opnuut ’n magdom mense om hulle erotiese verhaal vir ons te vertel, want in Afrikaans het ons nog lank nie die erotiek uitgese nie: Daar’s ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar’s ma’s en pa’s, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend.
Skarlakenkoors, die wildste en wydste versameling erotiese verhale in Afrikaans, sal beslis jou bloeddruk laat styg . . .