|
In haar eerlikste bundel nog dig Ronelda S Kamfer oor die intieme en komplekse verhouding tussen ma en dogter. In Hammie verwerk die digter die verlies van haar ma deur outobiografiese gedigte – genuanseerde verse waarvan die toonaard melankolies en ook ontstellend is. Sy dig oor haar grootwordjare op die Kaapse Vlakte, oor Afrikaans, ras en klas, en oor moederskap, maar bowenal ontgin sy dit wat ongese bly tussen ouers en kinders, tussen vriende en kennisse, tussen familielede. Met Hammie verwoord Kamfer meer as net die leefwereld van ’n generasie of kultuur: sy bevestig haar unieke, volwaardige digterstem in Afrikaans. |