Скачать книгу - Die dingesfabriek 4: Jannus en Kriek en die tydmasjien



In professor Arnoldus Snol se woonstel bo die museum staan ’n kas wat ’n KOLOSSALE geheim bewaar . . . Professor Snol weet alles van die dinosourusse van Gondwanaland af, daarom neem Oupa vir Jannus en Kriek om hom te ontmoet en inligting te kry vir ’n skooltaak. Maar wat het van die professor geword? Weke se pos le onoopgemaak voor sy deur en niemand het hom onlangs gesien nie. Watter ongelooflike avontuur sal die tweeling en hulle eksentrieke oupa nog beleef?


Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan

Автор: Elizabeth Wasserman

Год издания: 

Jannus en Kriek Knoets is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling. Die Knoets-gesin woon in Huis Deurmekruis, onder afrit 7 van die snelweg, naby die dokke in ’n groot stad. Hulle ouers is Knersius en Soetlief Knoets.
Knersius is die speltoetser van ’n groot boekuitgewery. Soetlief is ’n gevaarlike spioen. Die tweeling se troeteldier is ’n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Maar seker die belangrikste karakter in die verhaal, behalwe die tweeling natuurlik, is hulle oupa.
Hy is ’n avonturier, ’n uitvinder en ’n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis in ’n soort kelderverdieping, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy laboratorium.
Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alle ingewikkelde goed “dinges”. Hierdie boek vertel hoe Jannus en Kriek hulle oupa beter leer ken, en die storie van hulle eerste avontuur saam.


Trompie die krieketspeler (#14) Trompie die krieketspeler (#14)

Автор: Topsy Smith

Год издания: 

Trompie wil ’n seun se krieketkolf leen, maar oefen eers gou sy beroemde skepskop met een van die pronkdahlias in die ryk mense se tuin. Hy word gevang en moet as straf onkruid uittrek. Die sproetgesig roep dadelik sy Boksombende se hulp vir hierdie onaangename taak in. Wanneer die strafwerk klaar is, moet Trompie eers mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hulle te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel. Hulle kies twee spanne, maar die oomblik wat die wedstryd begin, loop die een ding na die ander skeef. Eers breek daar ’n ruit, dan reen ’n sarsie klippe kletterend op die kerksaal se dak neer en uiteindelik beland Trompie en ’n klein outjie hoog bo in ’n boomtop op soek na Dawie se duur krieketbal – oorgenoeg aksie om die Grootkaptein en sy manskappe baie besig te hou. Na ons vriende se rampspoedige krieketdag hoor hulle ’n geheimsinnige gemaskerde stoeier kom na Kwaggaberg toe. Ons held hou hom grootmeneer en belowe hy gaan die man ontmasker!


Die dingesfabriek 2: Jannus en Kriek onder die see Die dingesfabriek 2: Jannus en Kriek onder die see

Автор: Elizabeth Wasserman

Год издания: 

Die tweede avontuur waarin Jannus en Kriek Knoets, die rooikoptweeling wat in Huis Deurmekruis woon, en hulle eksentrieke oupa op ’n ontdekkingstog gaan. In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp . . .
Die keer neem Oupa hulle in sy duikboot, die Krisantalia, na die Suid-Atlantiese oseaan, digby Bouvet-eiland. ’n Geheimsinnige reuse-eier is hier gevind, en ’n mede-wetenskaplike het Oupa Knoets gevra om die eier te help ondersoek. Dis ’n diepsee-wereld waar jeti-krappe en eienaardige fluoresserende visse leef . . . maar dan kraak die eier se dop terwyl die tweeling saam met Oupa onderwater is. Dit beteken net een ding: wat ook al daarbinne is, is reg om uit te broei, en die ding se ouers gaan hom mos kom soek . . .


Die dingesfabriek 3: Jannus en Kriek krimp Die dingesfabriek 3: Jannus en Kriek krimp

Автор: Elizabeth Wasserman & Astrid Castle

Год издания: 

Die derde avontuur waarin Jannus en Kriek Knoets, die rooikoptweeling wat in Huis Deurmekruis woon, en hulle eksentrieke oupa op ’n ontdekkingstog gaan.
In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp . . .
Toe, in Jannus en Kriek onder die see, is hulle met Oupa se duikboot diep onder die Suid-Atlantiese oseaan in, om ’n reuse-eier terug te neem na waar dit gevind is. In hierdie boek wys Oupa Dinges hulle sy nuutste uitvinding: ’n laserstraal wat ’n enkele koringkorrel eensklaps so groot kan laat groei dat ’n mens ’n hele brood daarvan kan bak. Maar dinge loop skeef toe die SuperMega-Vergroterstraal per ongeluk van ’n spieel weerkaats en Jannus en sy oupa tref. Die twee van hulle begin krimp en krimp . . .
Die derde boek in hierdie reeks. Lees ook Jannus en Kriek op die maan en Jannus en Kriek onder die see.