![]() |
In Hoe kwesbaar die hart vertrou dokter Brenda Wiechers nie aantreklike mans nie. Daarom onderdruk sy die gevoelens wat die dodelik aantreklike dokter Charl Naude in haar wakker maak. Hy is boonop getroud, des te meer rede vir Brenda om hom te vermy. Tog kom sy mettertyd agter dat daar ? ander storie agter sy suksesvolle uiterlike le. In Dokter van drome moet Anastasia de Wit desnoods vir die plastiese chirurg dokter Juan Harmse werk. Wat haar betref, is hy bloot ? aantreklike geldwolf wat vroue se ydelheid uitbuit en al die pad bank toe lag. Daar is ? gedrewe passie in hom wat haar bang – en ook opgewonde – maak… In Tango met ? chirurg is mediese student Salome keelvol vir alles en almal by Chirurgie: Hoekom is die briljante maar befoeterde dr. Bart de Lange, haar studieleier, so snaaks met haar – en dit terwyl sy net oe het vir hom? En professor Tjaart Dekker? Wat voer hy in die mou met al sy bedekte insinuasies? Daarom wend sy haar tot die een ding wat sy kan doen – tango. |