Скачать книгу - Gebede vir elke vrou



Gebede vir elke vrou is ’n versamelboek van gebede vir vroue. Wat ookal jou ervaring, die boek bied jou ’n gepaste gebed: of jy nou hartseer is, jou bekommer, eensaam en verlate voel of siek is. Gebede vir elke vrou bevat ook wonderlike gebede vir jou huwelik, oor en vir jou kinders en oor vriendskap. Van groot vreugde tot die diepste hartseer – vind die gebed wat jou gemoed nodig het hier.


Kragtige gebede Kragtige gebede

Автор: Arthur Odendaal

Год издания: 

Kragtige gebede is ’n praktiese gids wat vloei uit die behoeftes van gelowiges wat nie weet wat om te bid nie en nie weet watter woorde om te gebruik nie. Hierdie boek spel die onontbeerlikheid van gebed uit. Dit wys op die voordele en krag wat gereelde Bybelse gebede vir die bidder inhou, asook die positiewe uitwerking wat dit op die bidder se lewe het. Gebede wat op die Bybel gegrond is, hou die voordeel van gewaarborgde geestelike groei in, nie net omdat ons hierdeur leer wat God vir ons oor ons lewensomstandighede se nie, maar ook omdat dit ons help om ons denke in ooreenstemming met God se Woord te bring. Verder is die Bybel ook ’n roetekaart ten opsigte van hoe ons teenoor ander behoort op te tree. So kan jy in tere bewondering tot God bid of vra vir die beskerming van jou gesin. Jy kan bid vir goeie gesondheid of vir die herstel van jou huwelik. Jy kan bid vir diegene wat Jesus nodig het en ook vir die wat teruggeval het. Jy kan bid vir jou kind wat onverskillig leef of vir antwoorde op ’n moeilike saak. Kragtige gebede is bedoel vir diegene wat deur opregte liefde vir God gedring word om hul harte tot Hom te rig en met woorde teenoor Hom uiting te gee aan hul gedagtes.


Die groot gebedeboek Die groot gebedeboek

Автор: Группа авторов

Год издания: 

Die omvattende bundel kan gebruik word as dagboek vir 366 dae (met Skrifgedeelte en gebed), maar ook as naslaanbron vir verskillende behoeftes en geleenthede. Die groot gebedeboek bevat indekse om temas, outeurs en voorgestelde Skrif-leesgedeeltes na te slaan. ’n Onontbeerlike klassieke boek in ’n nuwe baadjie.