Скачать книгу - Tiendes van silwer



Tiendes van silwer is die verhaal van die liefdeslewe van vier jongmense en speel af op die kampus van die Universiteit van Potchefstroom. Dis deurmekaar jare van liefkry en keuses doen, seerkry en ontdek dat silwer net ’n skynsel is. En dat werklike geluk net met die hart gekoop kan word.


Sondag van die silwersee Sondag van die silwersee

Автор: Maretha Maartens

Год издания: 

Farah Olivier aanvaar ’n pos as kuns- en dansonderwyseres by ’n privaatskool in Somerset-Wes, maar wanneer sy aanmeld, is daar nie ’n mens in sig nie. Want die skool was net ‘n verneukspul. Vyf dae later weet die 22-jarige Farah hoe dit voel om die ma van twee tieners en ’n laatlam te wees. Sy moes noodgedwonge die pos as au pair vat. Maar Farah voel self nog kind. Padgee is egter nie ’n opsie nie. As dit nie vir haar buurman se seun, Alexander Meiring was nie, sou sy verlore wees. Sy is heel tevrede met die stand van sake – tot die Sondag saam met Alexander en die kinders teen ’n silwer see . . .


'n Dorp soos Silwer Streams 'n Dorp soos Silwer Streams

Автор: Barend Vos

Год издания: 

’n Man struikel-stap deur ’n dorp se vervalle strate. Hy moet by die polisiekantoor uitkom. Hy het ’n paar ou tekkies aan, en hy het sy selfoon by hom. Hy is die dorp se predikant. Hy het op ’n lyk afgekom. Silwer Streams is ’n dorp soos enige ander op die Suid-Afrikaanse platteland. Daar is ’n kerk en ’n kafee, ’n rolbalklub en twee townships, ’n polisieman en ’n koerantman, ’n oudonderwyser, ’n dowe sekretaresse en ’n gay kafee-assistent. En nou ook ’n lyk. Ja, natuurlik het die dorp ’n dominee ook, dis juis hy wat op die lyk afgekom het. Net langs die laagwaterbrug buite die dorp het hy die bleek gelaat onder die watervlak sien roer. Was dit moord? Die dorp is in rep en roer. Hulle se die lyk was die van ’n onwettige immigrant. Die polisieman doen ondersoek; iemand bel die storie deur na die Sondagkoerant, almal se tonge klap. Almal behalwe die dominee s’n. Hy word nog stiller, nog meer teruggetrokke. Hy trek hom terug in sy binnekamer vir sy voortdurende sielestryd – sy stryd teen karakters wat nou al so lank sy kop bevolk. Hy sal tot skryf moet kom, weet hy nou. Nou is daar nie meer verskonings nie. Nou is daar ’n lyk.


Verworpe silwer Verworpe silwer

Автор: Ena Murray

Год издания: 

Op sy eerste huweliksnag fuif Louis Mocke saam met sy vriende in die hotelkroeg. Was sy erfporsie tog die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais? Jaag sy broer, Darius, net spoke op wanneer hy haar waarsku om haar goed te vat en te loop? Wanneer Dottie Willemse, Louis se eertydse liefde, terugkeer met ’n seuntjie aan die hand, ruik Eloffsdal nog ’n Mocke-skandaal waaroor hulle die mond kan uitspoel. Want Darius waarsku Louis: “As ek jou naby haar vang, breek ek jou nek.” Uit flardes skinderstories en dreigemente probeer Santie sin maak uit die Mocke-raaisel. Waar pas Tanja, Darius se gewese vrou, in? Wat het van haar en Ferdi, haar minnaar en Dottie se broer, geword? Wie is die pa van Dottie se kind? Sy ontken dat dit Louis is . . . Maar voor Santie al die legkaartstukkies sorgvuldig inmekaar kan skuif, tref ’n ramp die Eloffdallers wat geen mens se lewe onaangeraak laat nie. Ook nie haar en Louis s’n nie . . .


Soos ’n silwer droom Soos ’n silwer droom

Автор: Susanna M Lingua

Год издания: 

Rina Verhoef het pas haar onderwysstudie voltooi en vertrek op ? reis na Lissabon. Rina het ? wil van haar eie, maar dan ontmoet sy die markies Conzalo de Valcada, wat gewoond is aan absolute gehoorsaamheid en onderdanigheid. Kort voor lank begin die vonke spat.