Скачать книгу - Seisoen van die skimmelson



Seisoen van die skimmelson is ’n verhaal wat sy draaie gooi in die Vrystaatse Hoogland en in Beiere waarheen Madel Vermeer gaan om sang te studeer. Maar sy laat haar jeugliefde, die aantreklike dokter Wiam du Preez, agter. Tydelik, so glo sy. Sy ontmoet Jan-Karel Joubert van Oudewijn wat in Geisenheim studeer en ontdek dat ’n mens se keuses in die lewe jou oor ’n afgrond kan stoot.


Seisoen van ons liefde Seisoen van ons liefde

Автор: Elize Mitchell

Год издания: 

Toe vryskutjoernalis Tanya van Heerden na die Richtersveld op ? werksprojek gestuur word, het sy nooit kon droom hoe ingrypend haar hele lewe sou verander nie. In die Richtersveld verloor sy haar hart aan ‘n blonde, bruingebrande “veewagter”, en terug in die stad kom sy tot haar ontsteltenis agter dat sy swanger is. Stadig maar seker bou sy vir haarself ? nuwe lewe, bere sy haar Richtersveld-man diep in haar hart. Maar dan verskyn die aantreklike ekoloog professor Jean-Pierre de Ville een aand op die toneel en keer haar nuutgevonde lewe vierkantig op sy kop. Want Pierre is allesbehalwe veewagter, maar die einste een aan wie sy haar hart verloor het! Nou is hy egter verloof aan die beeldskone Alexa en Tanya moet fyn trap om haar geheim – en haar hart – te bewaar.


Vier seisoene kind Vier seisoene kind

Автор: Wilna Adriaanse

Год издания: 

Die woord “weduwee” is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee sy haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele drie jaar na hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is. En Marcus en Helen net om die draai in Kaapstad woon. Haar ondersteuningsnetwerk. Of dit so ’n goeie plan is om terug te gaan na die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in die stadium wil sy nerens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Erens tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van ’n lee plek langs haar in die bed, het sy die Cato wat sy geken het, verloor. En in haar plek ’n bang vreemdeling gevind.In Stellenbosch wag nie net haar vriende op haar nie, maar ook die gewilde Big Pink-teaterrestaurant. Hoe sy kans gesien het om die onderneming te koop, weet sy nie, en wens dis net ’n nare droom. Dit help ook nie dat die vreemdeling langs haar op die vliegtuig vir haar se daar bestaan nie iets soos beter dae nie…


Die bruidseisoen Die bruidseisoen

Автор: Helene de Kock

Год издания: 

Die Bruidseisoen bestaan uit twee lang novelles. In ’n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesie vakansie waar sy die nuus kry dat haar flambojante verloofde, Kallie, skielik getroud is. Maar gelukkig is daar ’n ou vriend wat haar onderskraag, iemand wat weet dat die liefde die toets van vier seisoene moet kan deurstaan. In Huwelik in die herfs besluit Amara om Londen toe te gaan om helderheid te kry oor haar gevoelens vir Pieter Cronje en oor sy huweliksaansoek. Die besoek bring haar egter weer in kontak met haar rampspoedige jeugliefde.