|
Jong onderwyseres Kylie is ’n geskeide vrou, nie ’n onskuldige meisietjie nie. So die kaalbas casanova in haar buurvrou se huis behoort haar darem nie so baie te ontstig nie! Maar dan kom dit uit Justin is haar nuwe buurman. A nee a, sy’s veronderstel om na haar egskeiding ’n mannehater te wees, wat is dit nou met haar en die vlinders? Kylie hou haar hardekoejawel, maar sy misreken haar – so maklik gee sjarmante boukontrakteur Justin nie op nie. Maar haar eks Rynhard is nog nie uit die prentjie nie en wil Kylie met alle mag en geweld terugwen. Boonop vertel haar ma – en Rynhard self – haar voortdurend dat sy kamstige affair nooit ooit gebeur het nie. Justin se hulpvaardigheid en bedagsaamheid laat Kylie se skanse sak. Hy maak kos, versorg seerplekkies, terg haar oor saam mango’s eet in die bad . . . Hulle praat glad van trou. Maar hoe kry Kylie Rynhard van haar deur af weg? Wanneer Justin se amper-eksvrou haar boonop begin dreig, weet Kylie nie watter kant toe nie. Die verleidelike nuwe man . . . of haar ewe sexy eks met wie sy so ’n lang geskiedenis het? Получить ссылку |
Reenboogmelodie
Автор: Anzil Kulsen
Год издания:
Diane sukkel van jongs af met 'n eetversteuring. Toe sy Robert ontmoet is sy so dankbaar vir die aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is. Robert het haar nog altyd lief gehad, maar nou is hulle huwelik op die rotse. Hoekom sal Robert nou die pad vat? En wie is die persoon wat se dat Robert die pa van haar kind is? En sal sy haar seuntjie wat outisties is kan help? Of is sy juis die oorsaak van sy probleme? Sal Diane kans sien om te bly as sy uitvind wat werklik aan die gang is?
'n Reenboog vir Aralie
Автор: Ettie Bierman
Год издания:
Wanneer Aralie se eksman, Niel, haar smeek om in sy plek as veearts op ’n wildplaas in Namibie te gaan waarneem, stem sy teesinnig in. Want na haar egskeiding het Aralie dringend geld nodig. Maar op Belelapa is dinge beslis nie wat sy verwag het nie. Daar is geen fasiliteite nie aangesien alles nog in aanbou is. En boonop behoort die plek aan Franco Conradie, “olifant fluisteraar”, TV-man en bekende natuurkenner – en hy is glad nie seker of die tenger rooikop veearts die werk sal kan doen nie. Asof dit nie genoeg is nie, besluit Neil dat hy Aralie ten alle koste wil terugwen. Moet Aralie Niel nog ’n kans gee, of sal Belelapa se aantrekkingskrag sterker wees?
Reenboog deur my trane
Автор: Solly Ozrovech
Год издания:
Reenboog deur my trane bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tye met die leser deel, asook ’n lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.
Aan die einde van die reenboog
Автор: Schalkie van Wyk
Год издания:
"Toe Annemarie de Villiers, welgestelde Boeremeisie uit die Kaapkolonie, die onstuimige Boererepublieke besoek om haar vermiste broer op te spoor, het sy geen benul gehad van wat die toekoms vir haar inhou nie . . . Met haar aankoms by haar bestemming ontbreek die blye verwelkoming wat sy te wagte was. Skaars het haar fynversorgde voetjies egter die stasieperron betree, of ’n baie aantreklike, blonde Engelse offisier omhels haar hartstogtelik en lei haar met luide liefdesbetuigings weg. Die “Engelsman” blyk toe ’n Boerespioen te wees, baie aktief betrokke by die Vryheidsoorlog. Die feit dat Annemarie haar hart op hom verloor, dra ook nie by om sake te vergemaklik nie. Sy word daarvan beskuldig dat sy ’n medepligtige was in ’n sameswering teen die Britse regering en slegs haar verraaier-neef se vriendskap met die vyande van sy volk bied haar weer haar vryheid. Haar blonde spioen stuur briefies, blomme, beloftes . . . maar is dit net ’n set om haar samewerking te bekom? En waar bevind haar broer, Jean, hom? ’n Mens kan tog nie sonder meer soos ’n groot speld verdwyn nie . . . "
Reenboog op die horison
Автор: Susanna M. Lingua
Год издания:
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!