Скачать книгу - Elke dogter het 'n ma



’n Plesierige, meesleurende debuutroman oor ’n eksentrieke familie. Dit boei die leser van bladsy een met die besluit van die jong hoofkarakter, Bibi, om haar verlowing te breek, haar lang hare af te sny en Europa toe te verkas – met die seen van haar enkelma Frieda. Die tempo is energiek, die karakters interessant en geloofwaardig. Bibi soek haar familie in Italie en Nederland op, vind nuwe belangstellings en insigte, kom uiteindelik ’n bietjie ouer en wyser terug Suid-Afrika toe. Tussen familiefeeste en konfrontasies deur maak sy vrede met baie dinge. Te midde van die leesbare en ligte aanslag skuil die versoenende, positiewe gedagte van die saamkom van familielede uit ’n klein diaspora. “’n Kleurryke familiesage wat moeilik is om neer te sit!” – Margot Luyt


Abel se dogters Abel se dogters

Автор: Helene de Kock

Год издания: 

Die wewenaar Abel Buitendag se lewe op sy plaas in die Oos-Vrystaat het ’n stil, onverstoorde gang. Of so dink hy. Sy drie dogters smag eintlik na meer warmte en kontak, na ’n lewe wat geleef word. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos Abel se dogters een vir een uit die huis gaan en deel word van die groot wereld, gryp die lewe hul met woede en met vreugde vas. Hulle ervaar die storm en soet pyn, ook soms die bitterheid, wat liefde bring.
Die oudste dogter, Adelien, is ’n dosent in sielkunde in die stad en moet op ’n dag kies tussen twee besonderse mans in haar lewe. Maar sy is ook gekweld oor haar twee susters. Christel, die jongste een, is nog op skool en alleen by die huis met ’n pa wat te sag is. En Bernadette het ’n man gekies wat haar dalk nog baie hartseer kan bring.