|
My hartjie, my liefie: Toe Alet Fourie vroegoggend by Walvisbaai se treinstasie afklim, kan sy haar teleurstelling skaars verberg. Wat het haar besiel om ’n onderwyspos op so ’n afgelee dorpie te aanvaar? Boonop het die skoolhoof, mnr. Erlank, skynbaar ’n veel ouer dame verwag. As dit nie vir die dierbare leerlinge was nie, het sy haar goedjies in ’n japtrap gepak en teruggekeer huis toe . . . na Pieter toe. Получить ссылку |
Madeliefies van staal
Автор: Pat Stamatelos
Год издания:
In hierdie vervolg op Vier begrafnisse en ’n troue kry ons te doen met die twee jonger Douglas-vroue: Lucy Jordan-Douglas, nou al sewe jaar gelukkig getroud, en Cheryl Douglas, suksesvolle grimeerkunstenaar en op pad boontoe op die loopbaanleer.Lucy en Ashwin is in die wolke oor haar swangerskap, maar na twee miskrame moet sy sorg dat sy alle emosionele ontsteltenis vermy. Dis makliker gese as gedaan. Haar verhouding met skoonma Dulcie is maar stram, en sy is bekommerd oor wat in Sheena, haar sestienjarige, se kop aangaan. En dan is daar die dood van Eddie Stamper – dief en skollie en ongelukkig haar swaer. Cheryl Douglas steur haar eenvoudig nie aan die wat se dat sy oppervlakkig en materialisties leef nie. Sure, sy is lief vir blieng en sy is op soek na ’n bietjie maklike romanse, maar sy verlang ook na iets meer . . . iets dieper. Die ding is net: moet sy nou regtig soveel paddas soen voor sy haar prins (of prinses) ontmoet?
Liefie
Автор: Louisa du Toit
Год издания:
Na die dood van haar moeder, wat reeds etlike jare weduwee was, besluit die twintigjarige Liefie Hugo om haar lewe te wy aan die grootmaak van die drie jongeres: Sjimmie, Lettie en Laurie. Sy gee hulle kleinhoewe vlak buite die dorp die naam Die Drie, en kry ’n padstal aan die gang om die begroting te laat klop. Deur die jare word sy die onwrikbare steunpilaar van haar suster en broers. Soos hulle volwasse raak en pynlike probleme op die lyf loop, prober sy hulle daarteen beskerm. Dan breek die dag aan dat die ou bestel begin wankel. Sal hulle die storms oorleef, en sal een of meer van hulle ooit werklik geluk vind?
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!