Скачать книгу - Die ongebore uur



In Die ongebore uur het Inge Buchner, agterkleindogter van dr. Albert Meissner, een doel voor oe: om te sorg dat daar eendag weer ’n dokter met die van Meissner aan die hoof van die kliniek staan. Dis die dat sy in haar tweede jaar medies besluit om Suid-Afrika te verlaat en haar studie in Duitsland voort te sit – aan die Universiteit van Hamburg, daar waar die Meissners oorspronklik vandaan kom . . .


Bid vir jou ongebore baba Bid vir jou ongebore baba

Автор: Janlu Kuyler

Год издания: 

Swangerskap is nie net ’n biologiese reis nie, maar ook ’n geestelike reis.
Met ’n predikant en ’n ginekoloog as medeskrywers vier hierdie boek beide die reise. Dit maak ons opnuut bewus van die wonder van konsepsie en hoe God ons by die skepping van ons kinders wil betrek. Naas die mees onlangse inligting oor hoe jou baba in elke trimester ontwikkel, bied dit ook praktiese inligting vir geestelike groei – waarvoor en hoe om te bid vir jou baba en julle toekoms saam.
Met ware ervarings van gebedverhoring en wonderwerk-verhale, sowel as praktiese raad oor bid (ook na jou baba se geboorte), is die gids onontbeerlik vir elke verwagtende ma of pa wat erns maak met die wonderlike reis wat voorle.