|
’n Lang, vreemde pad: Was dit nie vir die skoonheidskompetisie nie, sou Elise Eybers se pad seker nooit met die van markies Germano de Nobrega gekruis het nie. Hul liefde raak ’n verterende vlam . . . tot ’n jaagduiwel op ’n motorfiets haar geheue in inkswart duisternis dompel en hul liefde op ’n vreemde kronkelpad geplaas word. Получить ссылку |
Beminde vreemdeling
Автор: Schalkie van Wyk
Год издания:
Wiandri Rosseau is twee-en-twintig en pas gekwalifiseer as hospitaalsuster. Sy keer terug na haar geliefde plattelandse Huis Groeneweide, waar haar bejaarde tant Lerina en die se geliefde huishoudster, tant Grietjie, haar gretig inwag. Nou kan sy haar tante versorg en die swierige huis van haar kleintyd geniet. Maar daar aangekom moet Wiandri leer ’n vreemdeling bly nou ook op Groeneweide – die stroewe, dommerige nutsman Floors, van wie sy dadelik net mooi niks hou nie . . . maar tog ook so vreeslik baie!Wanneer Wiandri verder agterkom dat haar peetma, matrone Christelle, uiters wantrouig staan teenoor Floors, is haar verlangde vakansie by die tannies glad nie meer ’n rustige tydjie nie. Waarom dink Christelle Floors is so gevaarlik? En wie is hy nou eintlik?
Bruid uit die vreemde
Автор: Ena Murray
Год издания:
"Toe die jong Franse edelvrou Jacqueline de Savoye ’n brief van haar tweelingbroer uit die Verre Kaap de Goede Hoop ontvang, is sy oorstelp van vreugde. Sedert sy verdwyning twee jaar tevore het sy begin glo dat hy dalk ook, soos haar pa, deur die gevreesde Estienne de Savoye vermoor is. Sy haat die aanmatigende Estienne de Savoye begin soek, het hy – en haar broer Jacques – spoorloos verdwyn.
Minnaar uit die vreemde
Автор: Tryna du Toit
Год издания:
In Minnaar uit die vreemde moet Aletta Vosloo met haar twee susters, Susan en Betsie, die plaas Tiervlei behartig. Die mede-erfgenaam, dr. Frans Naude, is in Amerika en hy wil nie terugkom of ’n beslissing gee oor die verkoop van die plaas nie, ten spyte van baie aanloklike aanbiedinge. Skuil daar vreemde motiewe agter die hoe aanbiedinge? Aletta moet van die voorman ontslae raak, maar dit lyk of die nuwe voorman, Jim Muller, die bestuur oor die plaas wil oorneem. Intussen is die dorpsprokureur, Gawie Pretorius, smoorverlief op Aletta. Hierdie situasie hanteer Tryna du Toit met die vernuf wat al haar boeke kenmerk.
'n Vreemde strik
Автор: Susanna M. Lingua
Год издания:
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!