|
Met die aanhoor van die bepalings van haar vader se testament word Natasha lelik ontnugter: geen verdere oorsese reise vir haar nie, geen luuksehotelle en weelderige vakansies meer nie, geen inkomste nie, en die ergste van alles, sy sou vir die eerste keer in haar lewe moes gaan werk. Natasha bevind haar kort voor lank op ‘n verlate uithoek van die Drakensberge waar sy tikster word vir Dewalt de Meyer, ’n beroemde skrywer wat hart en siel aan die werk is aan ’n nuwe rolprentdraaiboek. Hy is ook kliphard besig om oor die verdriet van ’n liefdesteleurstelling te kom. Wanneer Dewald vir Natasha vra om sy vrou te word, vind sy dit aanvanklik eienaardig, maar vir die eerste keer kry haar lewe weer koers. Maar toe die beeldskone Esna le Clus opdaag, verander haar drome in ’n nagmerrie. Получить ссылку |
Kuinka anopista paastaan
Автор: Diana Manuel Juan
Год издания:
Rynnakko myllya vastaan
Автор: Эмиль Золя
Год издания:
Staan in die algemeen nader aan vensters
Автор: Loftus Marais
Год издания:
In hierdie debuutbundel word die vier aparte leefruimtes van ’n sprekerstem poeties ontgin. Die studentedorp, die voorstad, die stad en ook die platteland word op soms speelse, soms intieme wyses ondersoek, en die verweefdheid van ruimte en identiteit word stadig aan die leser uitgele. In al hierdie ruimtes is die grootste bindende faktor die alomteenwoordigheid van kuns, en dan spesifiek die blik van die digter. Maar dit is nie ’n eenheidsbundel in die tradisionele sin van die woord nie. Hier word juis teen die poetiese tradisie gerebelleer, terwyl daar tegelykertyd ’n waardering van klassieke invloede is.
Beminde vreemdeling
Автор: Schalkie van Wyk
Год издания:
Wiandri Rosseau is twee-en-twintig en pas gekwalifiseer as hospitaalsuster. Sy keer terug na haar geliefde plattelandse Huis Groeneweide, waar haar bejaarde tant Lerina en die se geliefde huishoudster, tant Grietjie, haar gretig inwag. Nou kan sy haar tante versorg en die swierige huis van haar kleintyd geniet. Maar daar aangekom moet Wiandri leer ’n vreemdeling bly nou ook op Groeneweide – die stroewe, dommerige nutsman Floors, van wie sy dadelik net mooi niks hou nie . . . maar tog ook so vreeslik baie!Wanneer Wiandri verder agterkom dat haar peetma, matrone Christelle, uiters wantrouig staan teenoor Floors, is haar verlangde vakansie by die tannies glad nie meer ’n rustige tydjie nie. Waarom dink Christelle Floors is so gevaarlik? En wie is hy nou eintlik?
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!