Скачать книгу - Die Jongste Meisie in Maasdorpskool



In 1932 publiseer ’n onbekende skryfster, Stella Blakemore, Die meisies van Maasdorp. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ’n reeks – een van die bekendste, geliefste en suksesvolle jeugreekse in Afrikaans. Heruitgawes het in 1970 en 1995 verskyn en nou keer Kobie, Elsabe, Breggie, Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug – 72 jaar na die eerste verskyning! Die jongste meisie in Maasdorpskool is die tweede titel in die gewilde Maasdorpreeks. Na ’n opwindende kwartaal van kattekwaad, middernagfeeste, Elsabe se ongelooflike transformasie, sportwedstryde en Kobie se debuut as konserpianiste, keer die meisies van Maasdorp terug na die bekende kosskool. Maasdorp maak ook kennis met Breggie Landsberg – op negejaar die skool se jongste leerder. Gou wys Breggie dat sy nie net die skool se jongste leerder is nie, maar ook die stoutste en selfs Kobie wonder of die skool gaan bly staan!


Wat Meisies moet weet Wat Meisies moet weet

Автор: Jan van Elfen

Год издания: 

Suid Afrika se bekendste en mees gesaghebbende gids vir tieners is opgedateer vir die nuwe generasie. Dit verskaf al die vrae wat tieners te skaam is om te vra.Tieners sal maklike verstaanbare en verantwoordelike advies kry oor:• seks• verhoudings• seksueel oordraagbare siekties• dwelms• pornografie• swangerskap• VIGS


Die Meisies van Maasdorp Die Meisies van Maasdorp

Автор: Stella Blakemore

Год издания: 

In 1932 publiseer ’n onbekende skryfster, Stella Blakemore, Die meisies van Maasdorp. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ’n reeks – een van die bekendste, geliefste en suksesvolste jeugreekse in Afrikaans. Heruitgawes het in 1970 en 1995 verskyn en nou keer Kobie, Elsabe, Breggie, Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug – meer as 75 jaar na die eerste verskyning!Die meisies van Maasorp is die eerste kennismaking met die maats van Maasdorpskool. Daar is die klein terggees Kobie Malan, wat met haar goue krulle en kuiltjies almal bekoor. Sy is die voorbok van die spul woelige graad neges wat stom verbaas is om ’n nuwe leerder in die kosskool, Elsabe van den Heever, te ontmoet. Elsabe het al die jare saam met haar oudtydse tante gewoon en haar klere en manier van praat wys dit beslis! Vir die graad neges is dit ’n nagmerrie: Elsabe klink snaaks, trek snaaks aan en boonop lyk dit nie of sy enigsins gaan deelneem aan Kobie se mal planne nie. Die mal planne neem die skool op hol en dit is nie lank nie of die meisies van Maasdorp besef hulle gaan ’n kwartaal beleef wat hulle nie gou gaan vergeet nie!


Meisie in die reen Meisie in die reen

Автор: Schalkie van Wyk

Год издания: 

In Meisie in die reen besef Marli Conradie, toe sy na tien jaar weer vir Hilgard Geldenhuys sien, dat haar tienerliefde vir die man voor wie sy grootgeword het, in die dieper liefde van ’n vrou verander het. Daarmee saam weet sy egter ook dat haar liefde wense in die wind is, want Hilgard behandel haar steeds soos sy klein “asjas” wat hy teen die lewe moet beskerm. Hulle keer saam terug na Groeneweide, waar die wyse, warme tant Alma Marli onder haar vlerk neem – veral toe Marli uitvind dat die flerriemerrie van ’n Ulricke Starck haar verleidelike net wyd gespan het vir Hilgard.