Скачать книгу - Dokter van ver



By ’n gedenkdiens vir Italiaanse krygsgevangenes in Suid-Afrika ontmoet dokter Rafaella Continari die oorrompelende dokter Giulio di Mareneschi. Hy is op besoek in die land en na ’n kort kennismaking moet hy terug Italie toe. Maar nie voordat Rafaella en haar ouers na sy familielandgoed op die Italiaanse platteland genooi is nie . . .Later gaan Rafaella en haar ouers Italie toe sodat haar ma op die Di Mareneschi’s se landgoed, waar daar ’n nuwe rusoord is, kan gaan rus na borskanker-behandeling. Hier ontmoet Rafaella die sjarmante maar opdringerige operaster Luigi, Giulio se broer, asook die pragtige jong erfgenaam wat dink Giulio behoort aan haar. Luigi en Giulio het ’n geskiedenis van wedywer om ’n vrou. Sal Rafaella en Luigi se verhouding vlamvat, soos die arrogante Luigi glo, of is Giulio die regte dokter vir Rafaella se hart?


Wie Anne Babi Jowager haushaltet und wie es ihm mit dem Doktern geht (Historischer Roman) Wie Anne Babi Jowager haushaltet und wie es ihm mit dem Doktern geht (Historischer Roman)

Автор: Jeremias Gotthelf

Год издания: 



Dokter sonder grense Dokter sonder grense

Автор: Malene Breytenbach

Год издания: 

Joernalis Clare Rutland wil haar enigste broer, dokter Nick Rutland, in Sierra Leone gaan soek waar hy vir die humanitere organisasie Dokters sonder Grense werk. Sierra Leone is in ’n bloedige burgeroorlog gewikkel en Clare het ‘n jaar laas van Nick gehoor. Clare weet dat Nick se enigmatiese vriend, die Franse dokter Louis du Plessis, wat hom oortuig het om by Dokters sonder Grense aan te sluit, ook in Sierra Leone is. Heimilik wil sy ook vir Louis gaan soek – ten spyte, of eerder as gevolg van hulle geskiedenis. Daarom dat sy vir Spies Lategan, geharde voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte, kry om haar te help om die dokters te probeer kontak. Maar Spies is’n ladies man en moeilik om mee saam te werk. Te midde van die chaos en gruwels van oorlog, en die gevaar waarin sy dikwels verkeer, moet Clare boonop deur emosionele storms worstel.


Dokter Dierbaar Dokter Dierbaar

Автор: Anita du Preez

Год издания: 

Victoria Serfontein se eerste ontmoeting met die aantreklike plastiese sjirurg Paul Venter vind plaas toe sy hom besoek en vra of hy iets aan haar Barbra Streisand-neus kan doen. Die ontmoeting verloop rampspoedig; boonop stamp sy kort daarna sy Lamborghini. Sy sal nie maklik vir die skade kan betaal nie en is totaal uit die veld geslaan toe dokter Venter haar werk aanbied. Sy aanvaar die aanbod, maar dis nie lank voor sy besluit om eerder te bedank nie. Paul Venter mag aantreklik wees, maar daar was – en is dalk steeds – hope vroue in sy lewe, veral as ’n mens die koerante en tydskrifte se skinderkolomme moet glo. . .


'n Vrou gaan dokter toe 'n Vrou gaan dokter toe

Автор: Ray Kluun

Год издания: 

Stijn en Carmen het alles – hulle is jonk, ryk, mooi, vervuld in loopbaan en liefde en het ‘n pragtige jong dogtertjie. As yuppies in kosmopolitiese Amsterdam is die wereld hul speelplek. Dan kry Carmen kanker. Terwyl sy optimisties die chemoterapie en bestraling ondergaan, ontvlug Stijn deur affairs en partytjies. Maar net om ook te staan te kom voor die finale eise van die lewe en die liefde.


Skitternag vir dokter Vasti Skitternag vir dokter Vasti

Автор: Rykie Roux

Год издания: 

Van hul eerste ontmoeting was daar ’n magnetiese aantrekkingskrag tussen dokters Vasti van Vuren en Frits Spies. Maar Vasti sou dit nooit eens oorweeg om toe te gee aan die onuitgesproke gevoelens tussen hulle nie. Daarvoor gooi haar pa se siektetoestand te ’n lang skadu oor haar lewe. Daarom het sy ja gese toe dokter Jacques Hugo haar vra dat hulle verloof raak, maar sy het nie daarmee rekening gehou dat Frits Jacques se beste vriend is nie. Toe Jacques onverwags en skokkend sterf terwyl Vasti in Mosambiek noodlenigingswerk doen, is Frits die een wat tussenbeide tree. Want net hy weet van sy vriend se donker verlede, en hy is vasbeslote om Vasti daarteen te beskerm.