|
In die skemer van haar lewe kry Colette Cronje ’n brief van 'n lank vermiste familielid. Dit kom uit Portugal en dit dwing haar om alles te onthou wat sy 'n leeftyd lank probeer vergeet het. Want wat 'n halwe eeu gelede in Portugal gebeur het, het haar eie lewe asook die van die volgende twee geslagte onherroeplik verander. Haar dogter, Nandi, se verset teen haar ouers en haar afkoms is so verreikend dat sy haar kind vir aanneming weggee, alleen oorsee vlug en alle bande met haar familie verbreek. Haar kleindogter, Tina, word groot sonder om haar bloedfamilie te leer ken. Maar bloed bly bloed, jou familie bly jou familie, jou taal bly jou taal. Daarom word dit die verhaal van 'n Afrikaanse familie, van drie opeenvolgende geslagte wat reageer op mekaar en op hul tyd, van drie vroue wat leef in die spanning tussen weggaan en moet bly, tussen vergeet en moet onthou. Saudade, leer Colette in Portugal, is die liefde wat bly nadat die voorwerp van die liefde verdwyn het. Die blou van onthou is ’n wydstromende rivier van ’n roman, ’n boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings. Получить ссылку |
Waar onthou begin
Автор: Connie Luyt
Год издания:
Toe Elfrieda na ? lang koma uiteindelik haar oe oopmaak, is haar kop leeg. Angs pak haar toe sy in ’n Durbanse hospitaal besef sy kan niks van haar verlede onthou na sy voor ’n motor ingehardloop het nie. ’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring ’n flits herinnering: Voor haar sien sy ’n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit. Maar die onthou bring seer: Soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens ’n vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en woede daarna. Elfie se pad na vergifnis en vrede verby die skok en ontsetting van onthou is lank. Onderliggend aan haar verhaal loop nog ’n verbeeldingstog: Die grootliks onbekende storie van Mary Livingstone, wie se lewe skaars ’n fluistering in die geskiedenis was.
Onthou jy nog die liefde?
Автор: Marlee Tesselaar
Год издания:
Anika Summers se lewe het haar al ver paaie van die Paarl laat loop. Wanneer haar pa, vir wie sy getrou elke maand geskryf het sonder dat sy ooit ‘n antwoord terug ontvang het, siek word, dwing die lewe haar om terug te keer. Sy is immers verpleegster en dit is haar plig om na haar pa om te sien. Maar dit dwing haar ook om weer vir Nelis de Villiers te sien, die wynmaker en man van haar jeug met die sagte blou oe. Die man wat haar hart in die holte van sy hande gehou het, maar iemand anders bo haar gekies het. Anika is gewoond aan vlug, maar hierdie keer dwing Henk Zimmerman, die mooi sielkundige, haar om haar verlede in die oe te kyk. Of het hy ook ‘n verskuilde agenda? Sal sy hierdie keer liefde vind en vrede kan maak met die verlede?
Omdat die hart onthou
Автор: Ettie Bierman
Год издания:
Krizelda en Alwyn is albei studente van Pretoria – hy afgestudeer met ’n BA Honneurs en sy ’n naiewe tweedejaartjie – wat mekaar tydens ’n vakansie op Margate ontmoet. Gou is hulle halsoorkop verlief en trouplanne volg vinnig. Krizelda moet egter eers haar studie voltooi en Alwyn is op pad Washington toe vir ’n jaar ondervinding in die Amerikaanse koerantwese.
Sy vlug word deur ’n tornado van koers gedwing en tydens ’n noodlanding in New York slaan die vliegtuig aan die brand. Alwyn is ernstig beseer en ly aan geheueverlies.
Krizelda vind uit sy is swanger en haar konserwatiewe pa jaag haar uit die huis. Sy kan Alwyn op geen manier opspoor nie en vind toevlug by haar tannie, maak haar kind alleen groot en ontwikkel ’n wrok teenoor Alwyn, wat haar immers skynbaar in die steek gelaat het. Maar na ses jaar, midde-in griewe en misverstande, is daar ’n herontmoeting toe hy haar baas word.
Krizelda is so verbitter teenoor mans en veral Alwyn, en hy het boonop ’n Britse nooi . . . Sal hul harte ooit onthou wat eens was, en die pad terug daarheen vind?
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!