Скачать книгу - Heler van skade



Lucinda O’Neill het destyds in die weeshuis al geweet sy wil pediater word. Toe sy ’n pos by die Wynland Kliniek vir Aansteeklike Siektes aangebied word, bring dit ’n algehele ommekeer in haar lewe mee – en nie slegs op professionele gebied nie. Want hier ontmoet sy vir Werner Huber, ’n siviele ingenieur, wie se seun tydens ‘n werkskontrak in Afrika ’n tropiese siekte opdoen het. Wanneer hy die seuntjie na die kliniek bring, maak dit ’n groter impak op Lucinda se lewe as wat sy ooit kon voorsien het. En intussen maak die resiesjaer Edwin van Reenen, wat haar ken sedert hulle kinderdae in die weeshuis, aanspraak op haar vriendskap en liefde. Lucinda het haar nog altyd van liefdesverbintenisse weerhou; haar werk was haar erns. Maar in Wynland kliniek word sy verplig om keuses te maak – en meteens lyk haar pad vorentoe baie gekompliseerd.


Die Schlachten um die Tucheler Heide, Krojanty und Chojnice Die Schlachten um die Tucheler Heide, Krojanty und Chojnice

Автор: Группа авторов

Год издания: 



J.A. ALTSHELER Ultimate Collection: 35 Novels in One Volume J.A. ALTSHELER Ultimate Collection: 35 Novels in One Volume

Автор: Joseph Alexander Altsheler

Год издания: 



Hart vir 'n heler Hart vir 'n heler

Автор: Hetta Kotze

Год издания: 

Liana Louw is ’n rykmansdogter met ’n passie vir armes en mense in nood. Haar ouers verstaan hierdie eiewyse enigste dogter van hulle maar alte goed en maak geen beswaar toe sy haar as verpleegsuster bekwaam en in die hartjie van die bedenklike middestad tussen haar pasiente gaan woon nie. Hulle hoop dat die suksesvolle ginekoloog dr Pierre Bosman, wat al met Liana bevriend is sedert hulle skooldae, daarin sal slaag om haar hand en haar hart te wen. Wanneer die sjirurg Brink Fouche, self uit ’n arm agtergrond, haar lewe binnestap, is daar vir die eerste keer iemand wat werklik haar passie vir die mense van die middestad verstaan. Brink laat haar kniee lam word, maar vir hom is mooi vroue bloot afleiding. En daar is dr Ellen Dupisanie, sy vennoot, wat reeds haar kleim om Brink afgepen het. Liana word moet haar nie net uit die intriges van die middestad losmaak nie, maar ook van ’n mooi dokter wat steeds na sy vrou hunker. . .


Die Poort 3: Helers Die Poort 3: Helers

Автор: Nelia Engelbrecht

Год издания: 

Dan glimlag Leonardo. “Nou ja, love and greetings. Soos ek gese het, ek sal mooi na jou meisie kyk terwyl ons in Italie is.” Hy begin wegstap. “Kom jy, Kali?” roep hy oor sy skouer. “Ek dink nie ons sal mekaar weer sien voor ons lughawe toe ry nie.” Ek soen Zak sag op sy wang. “Ek mis jou al klaar.” Hy gryp my hand toe ek omdraai om weg te stap. “Kali, ek is lief vir jou en ek sal nie toelaat dat iets . . .” Hy bly vir ’n sekonde stil, sy oe op Leonardo se rug, “. . . of iemand tussen ons kom nie.” “Niks sal ooit tussen ons kom nie, Zak,” is my laaste woorde voor ek agter Leonardo aan drafstap. Die Nuwelinge word na Venesie ontbied om voor die Internasionale Raad van Bewakers te verskyn. Selfs in die Bewakersvesting op Poveglia is hulle uitgelewer aan die Ander en word Kali se Helerskrag, maar ook haar lojaliteit, tot die uiterste beproef.


Geliefde heler Geliefde heler

Автор: Malene Breytenbach

Год издания: 

Geert Bouwman kom vir ’n paar maande op Stellenbosch locum. Die Nederlander is nie ’n maklike mens nie en teatersuster Naomi Roux is nie op haar mond geval nie. Dis nie haar verantwoordelikheid om na hom om te sien terwyl hy in sy tante se huis woon nie. Sy huur tog net die woonstel en ateljee by tant Merel. Hy’t gekies om sy ouers en moeilike verloofde saam bring. Boonop het ondervinding haar allergies gemaak vir sulke gevaarlik aantreklike mans soos Geert Bouwman. Die charismatiese kunstenaar David Schonfeld gooi behoorlik sy flikkers vir Naomi en Geert se verloofde, Daphne, is gevaarlik jaloers en besitlik. Maar Geert en Naomi is gedurig in mekaar se geselskap en hulle werk goed saam. Hoe kan sy onbetrokke staan teenoor ’n man soos dokter Bouwman?