|
Нет описания ! Получить ссылку |
Bloemensprookjes van Tante Jo
Автор: Луиза Мэй Олкотт
Год издания:
Die hart se tweede lente
Автор: Ettie Bierman
Год издания:
? Gekletterde seekat, ? towenaar, twee Duitsers in ? koma, ? lang, groen, haarlose hond en ? twyfelagtige waarsegster is maar enkele van die dinge waarmee Klara Verster op haar eerste oorsese vlug as lugwaardin te doen kry. Daarby help dit haar nie veel toe sy uitvind dat die man wie se sportmotor sy op pad lughawe toe gestamp het, haar kaptein op die vlug is nie. Adriaan Kirsten is egter net so oorbluf deur die blondine met die viooltjieblou oe wat net soos sy gewese verloofde lyk, wat hom so te se voor die kansel laat staan het. ? Humoristiese liefdesverhaal wat sommer weer vonk in die lewe sit.
Hart se tweede kans
Автор: Ilze Beukes
Год издания:
Toe suster Wida Storm hoor dat dokter Eugene Maritz iemand benodig om sy bejaarde ma tuis te versorg, gryp sy die geleentheid aan. Sy wil lankal haar eie tuisverplegingpraktyk begin en die werk sal haar die nodige ondervinding gee. Maar Wida kom gou agter dat als in die familie nie pluis is nie toe sy saam met tannie Olga in Eugene se huis intrek om haar te versorg. Watse hartseer le in Eugene se verlede? Waarom is daar ’n stremming op sy verhouding met sy ma? Hoekom skerm tannie Olga vir haar ander seun terwyl Eugene niks met sy broer te doen wil he nie? Met die eerste oogopslag is Eugene stroef en afsydig, maar Wida besef toenemend dat dit ’n front is wat die aantreklike en gevoelvolle dokter voorhou – ’n verskansing teen die verraad en verlies wat hy beleef het. Sy is besig om haar hart onkeerbaar op hom te verloor, maar sal sy ooit die mure wat hy om hom gebou het, kan afbreek? Sal Eugene ooit weer ’n vrou in sy hart toelaat?
Tweede kans op liefde
Автор: Elza Rademeyer
Год издания:
Mynhard Malan erf die plaas Koppie-alleen by sy vervreemde pa. Terwyl hy tydelik op ’n nabygelee kleinhoewe tuisgaan, word sy voete letterlik en figuurlik onder hom uitgeslaan deur sy misterieuse buurvrou. Wat beteken die woelinge binne-in hom wanneer hy aan Tessa Verwey dink? ’n Tartende duiwel op sy skouer wil vir Mynhard wysmaak dis iets anders as goeie maniere wat hom na haar toe dwing. Tessa wil egter nie nog ’n aantreklike man naby haar toelaat nie. Hoekom is sy so kil en afsydig, en wat weet sy omtrent Charlotte Basson se dood? Mynhard sal iets aan sy muisneste moet doen. Dalk moet hy haar liefs vermy en hom by die plaaswerk bepaal voordat hy te betrokke raak by haar probleme. Boonop het hy ’n groot uitdaging op hande toe die beeldskone en manipulerende Yvette Minnaar opdaag.
Helena Hugo Tweede Keur
Автор: Helena Hugo
Год издания:
In Liefde met gevoel sit laerskoolonderwyser Magriet in ’n penarie. Sy’t gedink Walter is die een, maar na ’n seevakansie by sy ouerhuis, is dit duidelik dat hulle nie vir mekaar bedoel is nie. Maar hoe raak sy van hom ontslae? Boonop moet Magriet weens ’n besering fisioterapie kry. Haar terapeut, Pierre, is die mooiste man wat sy nog ooit gesien het. Paulie Hopkins moet haar doktorsgraad afhandel in Veldpad van verlange. Daar le vir haar drie weke se veldwerk op ’n plaas in die Vrystaat voor. Haar verloofde, Luther, gaan saam, al is hy nie juis ’n buitelugman nie. Maar gelukkig is haar assistent die bekwame Andreas Bergh. Natika, sy modelmeisie, voltooi die span veldwerkers oor wie Paulie ernstige bedenkinge het. Soos sy verwag het, is daar van die eerste dag af haakplekke.
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!