|
Нет описания ! Получить ссылку |
Die Afrikaanse Kortverhaalboek
Автор: Группа авторов
Год издания:
Die sewende hersiene uitgawe van hierdie standaardwerk en bekende bloemlesing wat al baie lank beskou word as die barometer van die kortverhaalgenre in Afrikaans. Die nuwe uitgawe sluit 133 verhale van 81 skrywers in. Die chronologiese volgorde, wat oor ’n tydperk van byna 120 jaar strek, gee ’n goeie oorsig van die ontwikkeling van hierdie genre in Afrikaans. Dis die ideale geskenk vir iemand wat belangstel in die stand van die Afrikaanse literatuur of sommer net enigeen wat van boeiende verhale hou.
Anton Rupert: 'n lewensverhaal
Автор: Ebbe Dommisse
Год издания:
Die merkwaardige lewensverhaal van die Suid-Afrikaanse magnaat en weldoener dr. Anton Rupert word hier volledig en sonder doekies omdraai vertel.
Dit is die verhaal van 'n seun uit die Karoo wat in die Depressie grootgeword het. Hy het nie soos Harry Oppenheimer, 'n ander Suid-Afrikaanse miljoener, ryk geerf of sy miljoene uit mynbou gemaak nie. Sy Rembrandt Groep was vervaardigers wat wereldbekend geword het met handelsmerke soos Cartier, Dunhill, Rothmans en Montblanc. Binne dekades is 'n familiedinastie opgebou wat die Ruperts, naas die Oppenheimers, die rykste familie in Afrika gemaak het.
Maar Rupert was gedryf deur veel meer as die vergaar van rykdom. Lewenslank het hy geglo in deelgenootskap en saambestaan en dit uitgeleef; gevolglik het hy telkens met die politieke leiers van die dag gebots. Hy het ook die kunste, kultuur- en natuurbewaring bevorder en het begin met oorgrensparke, 'n internasionale vernuwing wat nuus gemaak het.
'n Besielende boek wat put uit omvangryke navorsing en vele gesprekke met Rupert, sy familie en mense wereldwyd wat hom geken het.
Dis ek, Anna: die volle verhaal (filmuitgawe)
Автор: Anchien Troskie as Elbie Lotter
Год издания:
“Die pad le donker, eindeloos voor my. Soos my lewe. Nee, soos my lewe was. Voor die son more opkom sal ek hom in die oe kyk, sal ek hom laat boet. Ek is op pad om my lewe terug te vat. Nie te vra nie. Nie te bedel nie. Te vat.” Dis ek, Anna en Die staat teen Anna Bruwer is nou beskikbaar in een band. Dit is ’n boek wat elke mens moet lees: ’n verhaal van ’n tienermeisie se durf om te oorleef, en wat wys dat wraak, selfs jare later, nie die enigste uitweg hoef te wees nie.
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!